Dae tot KragDag 0
9, 10 & 11 Augustus 2018 (9:00 - 16:00)
  • Hier word jy vry! Word toegerus om selfstandig te leef.

  • Die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheidsekspo in die wêreld. 13 000 het feestelik deelgeneem aan KragDag 2017.

  • Hier maak ons planne. Met 350 uitstallers en 30 gratis KragDag Raadsaal seminaar aanbiedings by KragDag 2017.


"Doen Jou Eie Ding!"

Met hierdie leuse fokus ons op 'n vryword-lewe deur selfstandigheids- en volhoubare oplossings wat wegdoen met afhanklikheid van staatsondersteunde netwerke. Hierin speel hernubare energie en verwante aangeleenthede ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en selfbeskik moontlik maak. Hier vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedsel, opvoedkunde en kreatiewe entrepreneuriese lewensonderhoud. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, ons kubermarkplein, radiorubrieke, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemers en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde. KragDag verskaf ook ʼn platvorm waardeur verskaffers, verbruikers en innoverende idees by mekaar uitgebring word.


'N TERUGBLIK OP KRAGDAG 2017