KragDag - Vraekas (FAQ)
V: Ek wil graag 'n kaartjie koop by die hek, moet ek kontant trek of is daar kaart fasiliteite?
A: Kontant en kaart fasiliteite is beskikbaar by die hekke.
V: Kan ek steeds aanlyn 'n kaartjie koop om nie by die hek in 'n ry te staan nie?
A: Jy is meer as welkom, afslag sluit om middernag die eerste dag van die Ekspo.
V: Is daar pensioenaris afslag?
A: Ongelukkig nie, maar voor die ekspo kan almal kaartjies koop teen slegs R75 per volwassene, van jonk na oud. Koop jou kaartjie HIER.
V: Tot watter ouderdom is kinders gratis?
A: Tot en met die ouderdom van 18 jaar.
V: Ek het 'n kaartjie aanlyn gekoop maar niks ontvang nie? Hoe maak ek nou? Gaan ek kan inkom by die hekke?
A: Ja, ons sal die kaartjie kan opspoor aan ons kant. Indien moontlik hou net die bewys van betaling byderhand.
V: Is my besoekerkaartjie geldig vir al 3 dae van die ekspo?
A: Ja, dit is korrek! Jou kaartjie is geldig vir die duur van die ekspo.
V: Mag ek my hond saam bring?
A: Ja, KragDag is troeteldier vriendelik.
V: Mag ek 'n vuurwapen dra by die ekspo?
A: Ja, vuurwapens is toelaatbaar in selfverdediging mits jy 'n lisensie het vir die wapen.
V: Is daar OTM's beskikbaar by die ekspo?
A: Ja, daar is 'n FNB en Nedbank OTM beskikbaar.
V: Is daar gestremde parkering en badkamers?
A: Daar is gestremde parkering by die ingangshekke en ja, daar is gestremde badkamers. Indien u wil presies weet waar, vra by die Inligtingstalletjies.
V: Is julle oop Vrydag en Saterdag? Google wys julle is oop tot 14:00 en Saterdag gesluit?
A: Dit is die kantoor tye. Ekspo tye is Donderdag tot Saterdag 08:00 - 17:00.
V: Mag ek my eie trollie bring?
A: Ja, u is meer as welkom. Daar is ook trollies te huur en te koop tydens die ekspo.