Sakeliga KragDag Wes-Kaap
21, 22 & 23 Maart 2024
9:00 - 16:00
Nog 0 dae
Sakeliga KragDag Sentraal 8, 9 & 10 Augustus 2024
8:00 - 17:00
Nog 0 dae

So het KragDag ontstaan

Buitensporige stygings in Eskom-tariewe met gepaardgaande onbetroubare kraglewering, het Hendrik en Alida Verwoerd van Diamantvallei Landgoed in 2007 daartoe beweeg om geskikte inligting, produkte en diensverskaffers vir alternatiewe energie-oplossings te soek. Hulle het gou vasgestel dat meeste van die beskikbare inligting en oplossings destyds nog op groter ondernemings en die staat gerig is. Dit het in 2008 die eerste KragDag Ekspo die lig laat sien. Oorweldigende reaksie van die publiek het die Ekspo ʼn jaarlikse geleentheid gemaak. Intussen het daar baie water in die see geloop en is KragDag voortdurend besig om te poog om mense met 'n selfstandigheidstrewe beter van diens te wees en te ondersteun. Sedert KragDag se ontstaan het verskeie produkte wat nog slegs in ʼn eksperimentele fase was, praktyk geword. Nuwe produkte het op die mark verskyn en nuwe kennis het na vore gekom wat ons al baie minder uitgelewer maak.

Organiseerders

Die KragDag Ekspo word georganiseer deur die KragDag personeel en 'n paar gesinne wat hoofsaaklik op Diamantvallei woonagtig is en wat poog om hulle gesinne se lewens, sover as wat die uitdagings in Suid-Afrika dit toelaat, ooreenkomstig die KragDag filosofie in te rig.



Maak elke dag `n KragDag!