Dae tot KragDag 0
9, 10 & 11 Augustus 2018 (9:00 - 16:00)
  • Hier word jy vry! Word toegerus om selfstandig te leef.

  • Die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheidsekspo in die wêreld. 13 000 het feestelik deelgeneem aan KragDag 2017.


"Doen Jou Eie Ding!"

Met hierdie leuse fokus KragDag op 'n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings (en selfs Doen-dit-self planne), wat ons terselfdertyd minder uitgelewer aan en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en self beskik moontlik maak. By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur die jaarlikse buitelug ekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ʼn platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word.


KragDag ekspo

Die jaarlikse KragDag ekspo bied ‘n inspirerend leersame dag in ‘n karnaval atmosfeer. Alhoewel daar ‘n groot hoeveelheid genot en vermaak by die ekspo te beleef is, is hierdie geleentheid uniek daarin dat jy hier nie ‘n vermaaklikheidtoeskouer is nie, maar ‘n deelnemer in interaksie met dinge wat ‘n verskil in jou lewe kan maak. Die effek van die vrywees filosofie wat integraal deel is van KragDag en die uitstallings wat hiermee handel, kan ‘n groot impak op jou lewe maak.

SakeLiga is vanjaar se hoofborg en daarom staan vanjaar se ekspo bekend as: SakeLiga KragDag Ekspo 2018.

'n Terugblik op Solidariteit KragDag 2017

Die KragDag ekspo sluit uitstallings in oor dinge soos die volgende:

Sonkragoplossings, wateropvangs en -suiwering, 3D drukkers, gewere, messe, verskeie nasionale en plaaslike organisasies, insektebeheer, voedselproduksie (ingesluit akwaponika en hidroponiese stelsels), elektriese motorkarre, internet-oplossings, kooktoerusting, geotermiese energie, boorgate, pompe, opvoedkundige speelgoed en hulpmiddels, kuns, isolasiemateriaal, verfoplossings, plaastoerusting, veiligheidsalarms, -kammera’s en oplossings, batterye, buitelug- en kamptoerusting, rioolverwerking, braaiers, kragtoerusting, boeke, 4x4 sleepwaens, gastoerusting, LED ligte, weefsel ingenieurswese, masjienbouers, oprigters van maste en staalstrukture, klamptoerusting, taktiese uitrusting, kreatiewe staalwerk, byeboerdery, droë ys oplossings, elektriese motorfietse, elektriese gereedskap, elektriese ware, aard-sel tegnologie, houtkloof toerusting, houtkerwers, leerprodukte, songeisers, energiebesparende produkte, windkrag, skoonmaak en herwinning, hidroponiese groenvoer, vuurveg- en brandtoerusting, bergingshouers, sleepwaens, vervaardiging, nutsgoed, slim elektriese- en watermeters, nutsvoertuie, boog- en jagtoerusting, kragopwekkers, waterontsouting, robotika, kortkursusse, konstruksie, tonnels en kweekhuise, beveiliging teen diefstal van sonkragtoerusting, isolasie, huishoudelike doen-dit-self produkte, plasmasnyers, sweismasjiene, brood-oonde en mini-rookers, erfenis saad, kombuistoerusting, gesondheidsprodukte, fokusvrye vêrkykers, reservoirs en tenks, kettingsae en bossiekappers, outonome grassnyers, nagsig, hommeltuie, veebeveiliging, swembadtoerusting, krokodilboerdery, soldeeroplossings, grasnyertrekkers, pesbeheer, plaatmetaal toerusting, sonkrag motors, meubels van bande en herwinde materiaal en verhittingspype.

Gratis seminare en lesings

Tydens die ekspo is daar in die KragDag Raadsaal ook talle gratis lesings en paneelbesprekings deur bekendes en hoë profiel kenners (20 sprekers oor die drie dae). Paneelbesprekings handel vanjaar oor Ekonomiese vooruitsigte (gelei deur die bekende Ekonoom Dawie Roodt), Veiligheid (gelei deur AfriForum en TLU SA) en Eksponensiële Tegnologie.

Wat kan jy nog by SakeLiga KragDag Ekspo 2018 te wagte wees?

  • Sowat 300 uitstallers, waarvan die belangrikste komponent uitstallers binne die selfstandigheids-tema is.
  • Opvoedkunde sub-ekspo.
  • Snuffelmark.
  • Pretpark en helikopterritte.
  • Massiewe verskeidenheid verversings.
  • Junior Entrepreneur uitstalling en kompetisie.
  • Makerkompetisie.
  • Band omdop wêreldrekord poging.
  • 4x4 uitritte.

Vir meer besonderhede klik op SakeLiga KRAGDAG 2018 op die keusebalk.