Die pryse van vir die verskillende opsies hieronder is per standplaas en vir die duur van die verblyf. (Tariewe is nie per dag nie en geen ekstra fooie word per persoon gehef nie.)
Voertuig(e) moet binne standplaasgrense inpas.
Water is op die terrein beskikbaar, maar kan tot 100m van die standplaas wees.
Elektrisiteit is sonder ekstra koste beskikbaar, maar kampeerders moet hulle eie verlengkoorde (30m) en multiproppe saambring.
Warmwater stort- en toiletgeriewe is beskikbaar.
Daar is veiligheidswagte op die terrein, maar moenie waardevolle items in tente laat nie.
Kampeerders is welkom om van die hout in die Swart Wattelbos vir kampvuur of braaivleisvuur te gebruik, onderhewig aan
veiligheidsvoorsorg. Bring eie saag saam. (Geen regopstaande bome mag afgesaag word nie.)
Hout kan ook by die kampeerterrein gekoop word.
Vir navrae skakel met die KragDag kantoor by 087 231 1644.
Kampeer standplaas
Opsie 1: Vir ekspo-duur - 5-9 Augustus (4 nagte) - R1 400
Opsie 2: Naweekuitspan - 7-9 Augustus (2 nagte) - R1 050
Grootte van kampeerstandplaas: 10m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)
Maksimum een woonwa plus tent of twee tente per standplaas.
Met elektrisiteit.
Ingerigte tent Slaap 2 (vir elke opsie hieronder)
Opsie 3: Vir ekspo-duur - 5-9 Augustus (4 nagte) - R2 250
Opsie 4: Naweekuitspan - 7-9 Augustus (2 nagte) - R1 250
Grootte van kampeerstandplaas: 5m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)