Sakeliga KragDag Sentraal
7, 8 & 9 Augustus 2025
8:00 - 17:00
Nog 0 dae

Kopskuifateljee Program

<< Terug!

Die Kopskuifateljee aanbiedings wat in die Wyntuin op die terrein aangebied word, is gratis vir die besoekers van KragDag.

Die program is onderhewig aan moontlike wysigings.

Aanbiedings in die KragDag Wyntuin sal ook lewendig uitgesaai word op KragDag se Facebook bladsy. U kan gerus ook vir ons vrae of kommentaar daar stuur.

Donderdag - 21 Maart 2024

  • Tyd
    Onderwerp
     
  • 10:00
    Opening (Hele terrein)
  • 10:25 (40 min)
    Die volgende vyf jaar: Van sleg na slegter

    foto

    Opsomming

    Die 2024 staatsbegroting vir Suid-Afrika dui op toenemende vernietiging, deur die regering, van die ekonomie en sosiale omstandighede oor die komende vyf jaar. Wat kan ons verwag en wat staan ons te doen?


    Biografie van Dawie Roodt

    Dawie Roodt is ʼn stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group. Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Hy spesialiseer in monetêre en fiskale beleid en is ʼn kenner van die ekonomiese gevolge wat “krypto” bates kan inhou. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Hy is al vir 17 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake. Sy loopbaan sluit die volgende in:

    • Meestersgraad in Ekonomie (cum laude)
    • Ekonoom by die Suid-Afrikaanse Reserwebank
    • Het al meer as 1000 televisie, en 1500 radio programme aangebied
    • Ekonomiese redakteurskap van ʼn finansiële tydskrif
    • Rubriekskrywer vir ʼn aantal publikasies
    • Lid van BUSA en NEDLAC
    • Lid van die Instituut van Direkteure van SA (IODSA)
    • Lid van die SAIRR.
    • Raadslid van die Wêreld Boerevereniging
    • Gereelde gasspreker en dosent, plaaslik en internasionaal
    Verdere prestasies en affiliasies:
    • Nasionale kleure in gemotoriseerde hangvlerksweef (powered paragliding)
    • Outeur van “Tax Lies and Red Tape”, 2013
    • Erelid van Golden Key International
    • Ambassadeur van Child Welfare Bloemfontein en Childline Vrystaat
    • Lewenslange lidmaatskap van die Zoologiese Vereniging van Suid-Afrika
    • Wenner van die 2015 Pionier Rally met blinde navigator Hein Wagner
    • Beskermheer van die WAT

  • 11:25 (40 min)
    Landbouveiligheid: Alternatiewe planne (Paneelbespreking)

    Die mees omvattende samewerking tussen landbou organisasies in Suid-Afrika het laat verlede jaar ʼn werklikheid geword op die gebied van plaasveiligheid. Nuwe tegnologie en die integrasie van ou tegnologie op nuwe maniere maak deure oop vir groter doeltreffendheid in die bekamping en voorkoming van plaasaanvalle.


    foto

    Richard Bands
    Formentco
    Springbok-legende, skep werksgeleenthede vir jong Suid-Afrikaners.

    foto

    Theo de Jager
    SAAI
    Voorsitter van SAAI en voormalige President van die Wêreldboere-organisasie.

    foto

    Gideon Joubert
    Sakeliga
    Hoof van Sekuriteitsprojekte by Sakeliga.

  • 12:25 (20 min)
    Die derde golf van BEE

    foto

    Opsomming

    Sakelui in Suid-Afrika moet deeglik bewus wees van 'n derde 'golf' Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE) wat tans aan die gang is. Die doel van hierdie golf is om besighede te belemmer en uiteindelik te verbied om sake te doen tensy hulle hulself aan eers BEE-monitering en dan spesifieke BEE-teikens onderwerp.


    Biografie van Piet le Roux

    Piet le Roux is die uitvoerende hoof van Sakeliga. Sakeliga se doel is om ’n gunstige sakeomgewing in die gemeenskaplike belang te skep, deur middel van skaalbare oplossings tot staatsverval. Sy meestersgraad in ekonomie het gegaan oor die impak van Swart Ekonomiese Bemagtiging op ekonomiese groei.

  • 13:05 (45 min)
    Privaat energie-opwekking (Paneelbespreking)

    Boere is genadeloos aan beurtkrag en kragonderbrekings uitgelewer en daar word nou allerhande groot en omvattende planne gemaak om energie privaat op te wek.


    foto

    Chris Bosch
    Rural Maintenance
    Stigter van Rural Maintenance.

    foto

    Carel Ballack
    PQRS
    Energie en sonkrag konsultant.

    foto

    Chris Opperman
    C5 Capital
    Operasionele vennoot by C5 Capital.

    foto

    Francois Mellet
    C5 Capital
    Tegniese Vennoot by C5 Capital.



Vrydag - 22 Maart 2024

  • Tyd
    Onderwerp
     
  • 10:00
    Opening (Hele terrein)
  • 10:25 (20 min)
    Jag red spesies

    foto

    Opsomming

    Die groen agenda vier hoogty en het geen tekorte aan befondsing nie. Hierdie narratief bepaal dat die mens geensins mag inmeng met die gang van die natuur nie. Richard York glo dat hierdie emosionele benadering meer skade as goed doen en kan met wetenskaplike benadering bewys dat wildbestuur deur jag, die antwoord bied om bedreigte spesies te red.


    Biografie van Richard York

    Richard het die voorreg gehad om op wildplase groot te word waar jag die kernbesigheid was. Jag was altyd 'n passie van hom en hy verstaan die waardevolle rol wat volhoubare jag speel in wildrestorasie en habitatbestuur. Hy het 'n B.Com-graad voltooi aan die Universiteit van Pretoria met 'n sleutelfokus op toerisme, besigheid en bemarking. Ten spyte van die verlies van sy kinderjare-wildplaas weens grondonteiening en verdrywing, het hy sy professionele loopbaan begin in die familiebesigheid op 'n nuut verkrygte beesplaas, wat hy die voorreg gehad het om te omskep en uit te bou tot 'n wildplaas onder die leiding, ondersteuning en leierskap van sy vader en broers. Hy dien tans as 'n fasiliteerder vir die Komitee vir Natuur en Biodiversiteit van die Wêreldboereorganisasie, hy dien ook op die Raad vir Landbou Volhoubare Biodiversiteit Wildlewe Ekonomie en is die Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) van Wildbewaring Suid-Afrika (WRSA). Hy sien uit daarna om die wildbedryf te laat groei tot voordeel van beide die jag- en wildbewaringsbedryf. Hy en sy span is dankbaar vir die vennootskappe en ondersteunende alliansies wat hulle binne SUCoSA het, en mede-lidorganisasies, veral met die sterk internasionale uitdagings wat ons bedryf tans in die gesig staar van CITES en moontlike handelsverbode.

  • 11:05 (45 min)
    Wanneer die regering beheer oor onderwys wil oorneem (Paneelbespreking)

    Die BELA Bill is 'n voorstel om ingrypende veranderinge aan die Suid-Afrikaanse Skolewet te maak. Dit raak verskeie gesinsdynamieke, insluitend diegene met kinders in publieke skole, tuisonderwys, kothuisskole en aanlyn skole. Die doel is om die breë impak van die wetsvoorstel te begryp.


    foto

    Wikus Breetzke
    MOS-Wêreldwyd Aanlyn-Tuisskool
    Onderwysleier in Tegnologie, Innovasie en Bemarking.

    foto

    Bouwe van der Eems
    Pestalozzi Trust
    Voorsitter en Tesourier.

  • 12:05 (45 min)
    Stokkie aangee - opvolgbeplanning in familieboerdery (Paneelbespreking)

    Opvolg in familieboerderye draai al te dikwels rampspoedig uit as die beplanning nie met kundigheid, wysheid en betyds gedoen word nie. Swak opvolgbeplanning lei tot groot konflik, pyn, skeuring en verlies en spyt kom te laat. ʼn Kenner, Willem van Jaarsveld gesels met Theo de Jager oor die mees algemene slaggate.


    foto

    Willem van Jaarsveld
    LARDA
    Besturende direkteur.

    foto

    Bennie van Zyl
    TLU SA
    Hoofbestuurder van TLU SA.

  • 13:05 (20 min)
    Orania - 'n toekoms alternatief

    foto

    Opsomming

    Weens die dramatiese groei in Orania op alle terreine het daar 'n groterwordende behoefte ontstaan om vanuit 'n meer sentrale punt voornemende beleggers, sakemanne en inwoners met raad en daad by te staan. Daarvoor het die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM)'n skakelpersoon buite Orania aangestel om 'n kantoor in Pretoria te open. Tydens die aanbieding word daar gepraat van die die huidige uitdagings op Orania, asook die geleenthede en voordele wat Orania inhou en hoe om betrokke te raak om Orania in 'n stad te ontwikkel.


    Biografie van Du Preez de Villiers

    Du Preez de Villiers is 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer met 'n passie vir politieke analise en maatskaplike kwessies. Hy het 'n ryk geskiedenis in die joernalistiek en het sy insigte gedeel deur middel van skryfwerk en kommentaar. Sy bydraes het die Suid-Afrikaanse openbare gesprek gevorm en verander.



Saterdag - 23 Maart 2024

  • Tyd
    Onderwerp
     
  • 10:00
    Opening (Hele terrein)
  • 10:25 (40 min)
    Veiligheid in 'n misdaadbesmette staat (Paneelbespreking)

    Een van die staat se kernverantwoordelikhede is om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker. Staatsverval het op alle vlakke ‘n invloed op ons lewe - dit raak ons beursies, dit raak ons besighede en ons beroepe, maar hoe gemaak wanneer dit ons en ons gesinne se lewens bedreig? Ons leef in ‘n misdaadbesmette staat. Daar sal binne die volgende 12 maande waarskynlik 31 000 mense in Suid-Afrika vermoor word. Wanneer die staat misluk en ons lewens daarvan afhang: Wat is die alternatief?


    foto

    Ian Cameron (Gespreksleier)
    Firearms Guardian
    Stigter van Firearms Guardian.

    foto

    Daniel Eloff
    Hurter Spies
    Direkteur by Hurter Spies.

    foto

    Bennie van Zyl
    TLU SA
    Hoofbestuurder van TLU SA.

  • 11:25 (40 min)
    Die wat en waarheen met ons wyn? (Onderhoud)

    Die wyndruiwe-oes van 2024 is tusen 40% en 60% laer as verlede jaar. n Baie groot deel van die 2023-oes is weer in massa-maat uitgevoer, wat beteken dat die Suid-Afrikaanse handelsmerk n hou vat. Hektare en wyndruiwe is die laagste sedert 1998. Schalk Burger, legendariese wynboer, kultuurleier en oud-springbokslot, gesels met Theo de Jager oor wat in die bedryf aangaan, waar ons staan en waarheen van hier af.


    foto

    Theo de Jager (Gespreksleier)
    SAAI
    Dr. Theo de Jager - Voorsitter van SAAI en voormalige President van die Wêreldboere-organisasie.

    foto

    Schalk Burger
    Schalk Burger and Sons
    Familie wynboer.

  • 12:25 (20 min)
    Oplossings vir verval in die platteland (Onderhoud)

    Hoe maak ons seker dat plattelandse gemeenskappe nie net oorleef nie, maar ook floreer? Staatsverval bied ’n historiese geleentheid: om in die volgende dekade die staat se rol in die ekonomie te herdefinieer, van onder af. Dan vestig ons die strukturele voorwaardes vir ‘n florerende ekonomie, maak nie saak wie die regering is nie.


    foto

    Piet le Roux
    Sakeliga
    Hoof uitvoerende beampte van Sakeliga.

    foto

    Chris Burgess
    Landbouweekblad.
    Redakteur by Landbouweekblad.

  • 13:05 (40 min)
    Hoe SEB ek my boerdery? (Paneelbespreking)

    Laat verlede jaar het dit op uitvoerplase gegons toe SEB kriteria gestel is vir tariefvoordele vir sekere produkte wat na die EU en VK uitgevoer kan word. Terwyl Saai, TLU-SA en Sakeliga groot stof daaroor opgeskop het, het Agri-SA, Wine SA, Hortgro en Agbiz gesê dat dit niks nuuts is nie, en weinig impak op die bedryf sal hê. Na vurige debatte daaroor, vra boere nou: Hoe BEE ek my boerdery?


    foto

    Bennie van Zyl
    TLU SA
    Hoofbestuurder van TLU SA.

    foto

    Theo de Jager
    SAAI
    Voorsitter van SAAI en voormalige President van die Wêreldboere-organisasie.

    foto

    Lennox Plaatjies
    PALS
    Direkteur van Bambisane Boerdery en 'n raadslid van Witzenberg PALS.

    foto

    Jannie Strydom
    Agri Wes-Kaap
    Hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap.

  • 14:05 (40 min)
    Moontlike Wes-Kaap afstigting (Paneelbespreking)

    Die suksesse in die Wes-Kaap bewys onomstootlik dat federalisme, of afstigting 'n antwoord bied vir die mislukkende, sentralistiese regeerstyl van die ANC. 'n Handvol politieke partye in die Wes-Kaap beywer hulle om hierdie alternatief 'n werklikheid te maak.


    foto

    Heinrich Wyngaard
    Kaapse Forum
    Uitvoerende voorsitter van die Kaapse Forum.

    foto

    Jack Miller
    Cape Independence Party-CAPEXIT
    Stigter van die Kaapse Onafhanklikheidsparty-CAPEXIT.

    foto

    Phil Craig
    Referendum Party
    Leier van die Referendum Party.

    foto

    Corne Mulder
    Vryheidsfront Plus
    Provinsiale leier in die Wes-Kaap en hoofsweep.

    foto

    Robert Duigen
    The Cape Independant
    Redakteur en politieke analis