Die pryse van al vier opsies hieronder is vir of die volledige duur van die ekspo (dus vir die vier aande van 5 tot 9
Augustus 2026) of vir 2 aande (dus vir twee aande van 7 tot 9 Augustus 2026). Kampeerders kan op Woensdag 5 Augustus of op Vrydag 7 Augustus inboek en kan tot Sondag 9 Augustus uitkamp.
Die pryse van al vier opsies hieronder is per standplaas. Ons vra geen ekstra koste per persoon nie.
Voertuig(e) moet binne standplaasgrense inpas.
Water is op die terrein beskikbaar, maar kan tot 100m van die standplaas wees.
Warmwater stort- en toiletgeriewe is beskikbaar.
Daar is veiligheidswagte op die terrein, maar moenie waardevolle items in tente laat nie.
Kampeerders is welkom om van die hout in die Swart Wattelbos vir kampvuur of braaivleisvuur te gebruik, onderhewig aan
veiligheidsvoorsorg. Bring eie saag saam. (Geen regopstaande bome mag afgesaag word nie.)
Vir navrae skakel met die KragDag kantoor by 087 231 1644.
Kampeer standplaas met elektrisiteit
Opsie 3: Vir ekspo-duur - 5-9 Augustus (4 nagte) - R1 400
Opsie 4: Naweekuitspan - 7-9 Augustus (2 nagte) - R1 050
Grootte van kampeerstandplaas: 10m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)
Maksimum een woonwa plus tent of twee tente per standplaas.
Met elektrisiteit.
Wat om saam te bring:
Eie 20m verlengkoord en multiprop.
Ingerigte tent met elektrisiteit Slaap 2 (vir elke opsie hieronder)
Opsie 5: Vir ekspo-duur - 5-9 Augustus (4 nagte) - R2 250
Opsie 6: Naweekuitspan - 7-9 Augustus (2 nagte) - R1 250
Grootte van kampeerstandplaas: 5m x 8m (sien voorstelling hier langsaan)